NeuroVerstaanTuis

neurodiversiteit, in plein Afrikaans

Elke brein het sy eie taal. Kom ons leer dit saam.

Vir ouers, oumas, juffrouens en almal wat 'n buite-die-boksie brein liefhet (of self een het). Geen jargon en geen oordeel nie. Net iemand wat hierdie pad self loop, en jou hand vat vir die volgende tree.

  • In Afrikaans
  • Sonder oordeel
  • Vir die hele gesin
'n Handgetekende brein waaruit blomme, 'n papiervliegtuigie, 'n eekhoring, 'n gloeilamp en ander krabbels opborrel ? + nog 97 ander gedagtes

die pad saam

Jy hoef nie alles vandag te weet nie.

Die reis met 'n neurodiverse brein het stasies. By elkeen wag 'n gids wat ek geskryf het vir presies daardie stuk pad: kort, prakties, en in die taal waarin jy droom.

Stop 1 · Iets voel anders

Eers verstaan, dan verander.

Dalk was dit die juffrou se briefie. Dalk die soveelste oggend se onderhandeling oor sokkies. Die meeste van ons begin met 'n vermoede, 'n knop op die maag en baie soektogte in Engels. Hier begin ons eerder by die basiese: wat neurodiversiteit is, en wat dit nié is nie.

Stop 2 · Die skoolhek

Ouer en juffrou aan dieselfde kant van die tafel.

Die regte skool kan die verskil maak tussen 'n kind wat oorleef en een wat blom. En wanneer die juffrou en die ouer dieselfde taal praat, hoef jou kind nie meer tussen twee wêrelde te vertaal nie.

Stop 3 · Eksamentyd

Leer vir 'n brein wat nie stilsit nie.

“Gaan sit en leer” werk nie vir almal nie. Soms leer 'n brein die beste terwyl die voete beweeg, met musiek in die agtergrond, of in tien-minuut-happies. Dis nie luiheid nie. Dis net 'n ander handleiding.

Stop 4 · Die hele familie

Ouma se lang tafel het plek vir elke brein.

Oumas en oupas wil help, maar die reëls het verander sedert hulle kinders grootgemaak het. Met 'n bietjie verstaan word die naweekkuier 'n veilige hawe, eerder as 'n mynveld.

Stop 5 · Elke dag

Laat die robot die lys onthou.

Vir 'n brein met honderd oortjies oop is AI soos 'n geduldige assistent wat nooit moeg word vir dieselfde vraag nie. Dit kan 'n oorweldigende taak in klein treetjies opbreek, 'n moeilike e-pos sagter maak, of jou help beplan wanneer tyd weer wegglip.

En dan: jou eie kaart.

Wat is die NeuroKaart?
“Die voettik in die klas is 'n dans wat saamgepers is tot die kleinste sosiaal aanvaarbare beweging.”
Petro, oor waarom ons nie die voet moet stilmaak nie
Voorbeeld van 'n NeuroKaart: 'n buitenste ring in vier kleure, met 'n gestippelde pers binneste ring wat op plekke daarby verby steek

binnekort

Die NeuroKaart: 'n portret, nie 'n diagnose nie.

Een bladsy wat wys hoe jou (of jou kind se) brein werk. Die soliede buitenste ring is wat almal kan sien. Die gestippelde binneste ring is die verborge las wat niemand sien nie: maskering, uitputting, tydblindheid. Om op die yskas te sit, of vir die juffrou en die terapeut te wys.

wie vat jou hand?

Hallo, ek is Petro.

Ek het sielkunde studeer, en ek is self neurospicy (AUDHD, as jy van afkortings hou). Ek weet hoe dit voel om presies te verstaan wát in jou kop gebeur, en steeds nie te weet wat om daaraan te doen nie.

NeuroVerstaan is die plek wat ek self graag wou gehad het: in Afrikaans, sonder oordeel, en prakties genoeg om môreoggend al te gebruik. Die webwerf is nog jonk, maar elke woord kom uit geleefde ervaring.

Lees my volle storie

Klein stukkies verstaan

Al die blogplasings

Share with